
Een tree terug
Die skooljaar het afgeskop en het alle verwagtinge oortref. My appelkar was weer flenters, want ek het mos alewig ʼn prentjie in my kop van hoe ek dink dinge gaan afspeel. In my gedagtes: Ben glimlag mooi vir die kamera by sy tafel en gee vir my ʼn stywe druk.





